Beste Vriende
Ek wil graag my bouwverslag begin deur te se dat dit vir my n groot voorreg en eer is om deel te wees van hierdie forum waar soveel talentvolle bouers hulle werk ten toon stel. Uiteraard is dit vir my as n nuweling net verstommend as ek na die kwaliteit van die modelle kyk. Al wat ek kan doen is om net my bes te probeer, raad te vra en staat te maak op die leiding van julle almal.
Ter verduideliking wil ek noem dat Kolderstok se modelle reeds so welbekend by die meeste forumlede is, ek nie gaan begin deur n "kit review" te doen nie. Wat ek het om te se, weet julle reeds almal - dat Kolderstok modelle van hoogstaande gehalte lewer en onder leiding staan van n Admiraal vir wie elkeen van sy klante belangrik is en almal met raad en daad bystaan. Meer as dit kan niemand voor vra nie.
Nou waarom die Batavia en nie een van die ander prachtige schepe nie? Daardie vraag word bes beantwoord deur die volgende twee fotos:
Dit was vir my n besondere moment toe ek vir die eerste keer weer in baie jare met die "Oranje Blanje Blou" in my hande staan. Ek weet daar is al baie bespiegel of die Oranje van die Prins Willem vlag die regte kleure is, maar al wat vir my belangrik is, is dat dir die vlag van die Batavia is. Die rede daarvoor is maklik en te sien op die volgende foto:
Die Oranje Blanje Blou van Zuid-Afrika 1928 - 1994.
So die bou is vir my baie na aan die hart - nie net omdat dit n prachtige schip is wat ek gaan bou nie, maar ook omdat die geskiedenis en era waaruit die schip dateer, so belangrik is vir my.
Verskoon my daardie lang inleiding, maar ek wou dit graag vir julle noem.
Nou net n tegniese punt: Voordat ek by die bouwverslag kom, wil ek net graag hierdie post plaas, want vroeer vandag tydens n test run het sommige van my fotos vertikaal uitgekom. Ek upload vanaf my computer so ek hoop maar net dat ek die post geplaas het, ek weer in n volle wydte screen is en nie in die skermpie waar ek tans is nie.
Tot so n bietjie later.
Heinrich