KOLDERSTOK BATAVIA / HAARLEM

Beste Vriende

Ek wil graag my bouwverslag begin deur te se dat dit vir my n groot voorreg en eer is om deel te wees van hierdie forum waar soveel talentvolle bouers hulle werk ten toon stel. Uiteraard is dit vir my as n nuweling net verstommend as ek na die kwaliteit van die modelle kyk. Al wat ek kan doen is om net my bes te probeer, raad te vra en staat te maak op die leiding van julle almal.

Ter verduideliking wil ek noem dat Kolderstok se modelle reeds so welbekend by die meeste forumlede is, ek nie gaan begin deur n "kit review" te doen nie. Wat ek het om te se, weet julle reeds almal - dat Kolderstok modelle van hoogstaande gehalte lewer en onder leiding staan van n Admiraal vir wie elkeen van sy klante belangrik is en almal met raad en daad bystaan. Meer as dit kan niemand voor vra nie.

Nou waarom die Batavia en nie een van die ander prachtige schepe nie? Daardie vraag word bes beantwoord deur die volgende twee fotos:

Build 12.jpg


Dit was vir my n besondere moment toe ek vir die eerste keer weer in baie jare met die "Oranje Blanje Blou" in my hande staan. Ek weet daar is al baie bespiegel of die Oranje van die Prins Willem vlag die regte kleure is, maar al wat vir my belangrik is, is dat dir die vlag van die Batavia is. Die rede daarvoor is maklik en te sien op die volgende foto:

za-1928.gif


Die Oranje Blanje Blou van Zuid-Afrika 1928 - 1994.

So die bou is vir my baie na aan die hart - nie net omdat dit n prachtige schip is wat ek gaan bou nie, maar ook omdat die geskiedenis en era waaruit die schip dateer, so belangrik is vir my.

Verskoon my daardie lang inleiding, maar ek wou dit graag vir julle noem.

Nou net n tegniese punt: Voordat ek by die bouwverslag kom, wil ek net graag hierdie post plaas, want vroeer vandag tydens n test run het sommige van my fotos vertikaal uitgekom. Ek upload vanaf my computer so ek hoop maar net dat ek die post geplaas het, ek weer in n volle wydte screen is en nie in die skermpie waar ek tans is nie.

Tot so n bietjie later.
Heinrich
 
Beste Chris en Jan: Baie dankie vir die goeie wense. Ons gaan ons bes probeer.

Build 102.jpg


Ek het begin deur die twee kielverdikkings eers te pas. Twee stukkies afvalhout wat perfek haaks is, is in die gleufies geplaas en die twee verdikkings is vas teenaan die stukkies hout geplaas om die korrekte posisie te kry. Daarna is alles gelijmd en vasgeklem totdat dit droog is.

Build 103 (2).jpg


Nadat die klemmetjies verwyder is, is die fyn randjie van die vals kiel duidelik sigbaar - presies soos volgens instruksies. Die huidbeplanking skuif later in hierdie gleufie in.

Build 105.jpg


Vervolgens is alle spanten uit hulle sheets verwyder en in orde geplaas. Hier kan mens net jou hoed afhaal vir die kwaliteit van Kolderstok se laser-cutting. Baie min "skoonmaak" was nodig en alle randjies is netjies en presies.

Build 106.jpg


Daarna is alle ondersteuningsbalkies versigtig losgesny van die spanten en alhoewel elkeen van die balkies genommerd is, het ek elkeen individueel "getag" net om dit vir my makliker te maak lateraan.

Build 108.jpg


Die volgende stap was om die ses dele van die kiel (3 aan die onderkant van die kiel, een aan die agterstewe en twee aan die boeg) aan die vals kiel vas te lijm. Hierdie gedeeltes is ook n bietjie wyer as die vals kiel, sodat ook hier, n gleufie ontstaan vir die huidbeplanking lateraan. Die wyse waarop hierdie kieldele aanmekaar voeg is ook n goeie voorbeeld van die akkuraatheid van Kolderstok se parte. In sommige gevalle, is dit selfs moeilik om met die blote oog te sien waar die voegsels (joints) is.

Build 109.jpg


Met die twee dele van die kieldele by die boeg ook aangeheg, kan die gleufie vir die huidbeplanking nou duidelik gesien word.

Vir my was dit die einde van Stap 1; Stap 2 wat reeds afgehandel is, volg so n klein bietjie later.

Tot later
Heinrich
 
Ton en Stephan: Baie dankie vir julle bemoedigende woorde. Julle is baie welkom en dit is vir my n groot voorreg dat julle almal so belangstel in die bou. Ek hoop ek kan reg laat geskied daaraan.
 
Nou Heinrich, ik heb nog net een plaatsje op de eerste rij kunnen bemachtigen zodat ik het allemaal goed kan volgen......
Het begin wat je hier laat zien belooft al veel goeds, dus kom op laat die updates maar komen, wij willen genieten......:kwijl::kwijl:
Succes met de bouw verder
 
Nou kom ons gaan verder ...

Stap 2 (dit is nou sommer hoe ek in my gedagtes die werk verdeel) was die pas van die spanten op die vals kiel.

Build 107.jpg


Alhoewel die posisies van die huidbeplanking reeds op die spanten aangebring is, het ek die strepies verleng. Sodoende maak ek seker dat tydens die afschuining van de spanten, ek nie dalk die merkies wegskuur nie.

Dit was nodig om die gleufies van spanten 1,2 and 3 so n bietjie wyer te vijl en n goeie schuur te gee om hulle op die vals kiel te laat pas. Hierdie spanten pas oor die twee verstevigingsgedeeltes en het werk nodig gehad om hulle mooi te laat pas. Die res van die spanten het n goeie schuur gekry met 240-grit schuurpapier om hulle in hul gleufies te laat pas. En nou moet ek weer se: "Petje af vir Kolderstok!" Dit is uiters bevredigend om the hoor hoe elke spant met n soliede "thunk" in posisie vassluit. Nadat ek alles ge-"dry-fit het", was die struktuur so stewig en solied dat niemand sou kon se dit is nog nie gelijm nie.

Nou het vir my die eerste "challenge" voorgele - die pas van die vals dek. N Paar van die bouers op Modelbouwforum het my reeds gewaarsku en gese dat die vals dek so styf oor die spanten pas, dat hulle die boonste gedeeltes van die spanten afgebreek het. Daar was dus net een uitweg. Elke spant moes gematch word met die spesifieke gleuf in die dek waarin dit sou pas.Alle gleufies is haarfyn gevyl en geschuur tot hulle regte mates (die dikte van elke individuele spant). Daarna is n test-fit gedoen om seker te maak dat alles in prinsiep pas.

Build 111.jpg


Dry-Fit van die spanten in die vals kiel.

Met alles wat pas, was die vaslijmproses volgende. aangesien die vals dek n groot hulp is om die spanten haaks te laat pas en seker te maak dat die assembly waterpas is, moet die dek geplaas word voordat die lijm op die spanten droog word. Dit sou my dan toelaat om nog so n bietjie die spanten in posisie te maneuver as dit nodig sou wees. Ek moes dus vining werk. Na n diep asemteug het ek ingespring en spanten 4 tot 13 gelijm. Dit is die spanten wat in die vals dek pas.

Met n sug van verligting het die vals dek perfek in posisie gepas - sonder om enige spanten te breek! Sjoe!!! Die dek le prachtig gelijk en haaks sonder enige onooglike gapings of nate tussen die dek en die spanten. Ek kon nie vir n beter fit gevra het nie!

Build 113.jpg


Build 114.jpg


Build 115.jpg


Build 117.jpg


Nou ja,die stelsel weier nou om die laaste twee fotos van die stap te plaas, so ek sal dit nou maar in n volgende post doen.

Aan almal wat saamkyk; baie dankie, ek waardeer dit opreg.

Tot so n klein bietjie later - groetnis
Heinrich
 
Beste Ronk en Koos: Baie dankie vir julle mooi woorde! Ronk, ek verseker jou "benieuwd" is n goeie word om my ook te beskryf elke slag voordat en nadat ek iets op die schip afgehandel het. Koos, my vriend, jy is BAIE welkom in die voorste ry. Daardie ry sou nie dieselfde wees sonder jou nie.
 
Hello, Jan! Baie dankie vir jou belangstelling. Ek is baie bly jy is hier en dat jy die Afrikaans leuk vind! Baie welkom!
 
Ik begrijp dat de 1e rij al vol is, maar ik schuif toch graag aan op de 2e.
Heel veel succes met de bouw Heinrich, ik ga je bouwverslag met interesse volgen..
 
Beste Ruud. Baie dankie vir die mooi woorde! Jy is meer as welkom ... en as dit moeilik raak om te sien, dan maak ons sommer die rye een groot kring. Dan sit almal in die 1e rij.
Heinrich
 
Die kan je in je zak steken Koos....
Tja Ruud, dit krijg je als je goed oppast, dan maak je vrienden;);)
Nou Heinrich leuk dat je mij je vriend noemt het is wederzijds hoor, ben gelijk weer een stuk gaan groeien...
Maar ook ik vind dat Zuid Afrikaans best leuk, af en toe een beetje puzzelen maar dan kom je er wel uit..
En wat je ons allemaal voorschotelt dat mag gezien worden hoor, complimenten:thumbsup::thumbsup:
 
leuk dat zuidafrikaans alleen kan ik het slecht lezen in emgels was je veel beter te begrijpen.

veel plezier met je nieuwe bouw project
 
Back
Top